
Die nalatenskap van een van Suid-Afrika se geliefdste Afrikaanse skrywers, Dalene Matthee, leef steeds voort in die stories van die Outeniqua- en Knysna-woude.
Met haar bekende bosromans soos Kringe in ’n Bos, Fiela se Kind, Moerbeibos en Toorbos het sy die mense, natuur en geskiedenis van die Suid-Kaap op ’n besondere manier vasgevang.
Om hierdie literêre erfenis te vier, word die Dalene Matthee Boekefees vanjaar in die pragtige dorpie Herold, geleë in die Outeniqua-berge, aangebied.
Datum: Vrydag, 8 Mei en Saterdag, 9 Mei
Plek: Herold Meander plaas, Herold
Program: Ongeveer 20 plaaslike skrywers gaan deel wees van die fees.
Kom geniet twee dae van boeke, stories, inspirasie en die unieke atmosfeer van die Outeniqua-berge. Dit is ’n wonderlike geleentheid om skrywers te ontmoet, nuwe boeke te ontdek en die wêreld van Afrikaanse literatuur saam te vier.
Bring die familie en kom ervaar die sjarme van Herold en sy pragtige bergomgewing.
Hou hierdie spasie dop vir meer besonderhede oor die program en skrywers wat gaan deelneem.

Vir navrae skakel:
Theo Adams – 082 576 1799
Darryl David – 062 187 8399

Read more here:


